Posted on

Ons gaan bietjie gaan kamp as n huisgesin weer. Ek is nie seker wie is meer opgewonde tussen myself of my dogter nie. Sy in nou 3 Jaar oud maar kamp is in haar bloed. Mbizi Game Lodge & Spa het die naweek n lekker kamp uitstalling en ons besluit om bietjie te gaan loer wat daar aangaan, en dit was maande terug wat ons gaan kamp het. Om seker te maak ons pak alles besluit ek om die Vrydag verlof in te sit terwyl my Vrou nog werk en my Dogter by die skool is kan ek mos rustig pak en seker maak ek mis niks nie. Natuurlik gaan ek iets mis sonder n lysie, maar ek is mos te trost om dit hardop te se.

Ons was gelukkig genoeg om die geleentheid te kry om te gaan kamp met hierdie meneer. Ek het al die jare net in tente gekamp, so die opslaan prosess was geen vreemdeling vir my nie. Vrydag nadat ek klaar gepak het, spring ek in die bakkie en gaan laaim my dogter op by die dagsorg en kry my vrou weer by die huis. Sy spring in die bakkie en ons trek weg by die huis. Natuurlik moes ek 2 keer om die blok ry omdat daar iets was wat ek vergeet het om te pak, soos baadjies vir my dogter en die hout. Ja ek sak my kop in skaamte omdat ek die hout kon vergeet het.

Op aankoms by Mbizi Game Lodge & Spa kan ons somer die gees voel, daar is die vriendlikste ontvangs personeel. Ek kan nie eers onthou watse Brandewyn borg daar was nie, maar hulle gee vir jou n glas brandewyn en coke met die aankoms net as jy klaar is by ontvangs. Ek spring weer in die bakkie en gaan soek ons staanplek, nou dit was soos om die “jackpot” te wen want ons is reg langs die mooi skoon badkamers. My dogter vra of ons haar gou bad kamer toe kan vat en my vrou stem toe dat sy dit saldoen terwyl ek ons staanplek beplan.

Hier is waar dit alles begin, die naweek het my hele perspektief van kamp verander. My vrou en dogtertjie loop toe badkamer toe en ek besluit waar ek wil staan, ek maak die “rooftop” tent oop, trek die “awning” oop. Haal 2 kampstoelle uit die bakkie en die yskas, ek koppel hom aan die elektrieseteit (Ja vreemde konsep hier in RSA). Ek besluit toe om solank die vuur aan te steek en kom toe agter ek kon dit alles doen sonder om eers te begin sweet. Dit het seker gehelp dat dit winter was, maar nog steeds dit was so gerieflik en vinnig.

Ons Kamp vuur by Mbizi

Hier besluit ek toe dat ek karavaan kamp n probeer moet gee, soos enige gesoute kamper loop ek nou eers deur die oord om na ander vriendlike kampeerders se kamp uitleg te kyk. Ek sien toe n karavaan wat my aandag getrek het, dis n Sprite Tourer. Gelukking was daar baie goeie sein en ek kon onmiddelik op my foon spring en begin soek vir tweedanse karavane.

Saterdag oggend vroeg begin ons met BosKampKos se plaatkoekies en sodra almal skoon en gereed is pak ons die trolley en gaan soek vir die swembad. Daar is vreeslik baie aktiveteite aan die broei en die kinders geniet hulle self vreeslk baie. Ons het toe nooit die warm swembad gevind nie, ons het te lekker saam gekuier met die uitstallers.

In kort is Mbizi n baie lekker plek vir kinders as ook volwassenes wat net bietjie wil kom ontspan soos net on Afrikaners weet hoe. daar is selfs n kroeg in die swembad.

https://kampi.co.za/campers/fully-kitted-bakkie-70

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *