Posted on

So trek ons Vrydag middag hier weg uit Pretoria oppad na Ezemvelo net buitekant Culinan. 34km voor ons bestemming hoor ons n klap geluid op die ou Navara en die dashboard lyk soos n kersboom, die Alternator Pully het af gebreek. So ry ons skilpad spoed vir 12km verder. Teen donker het ons nog 20km om te gaan en bel maar my pa om ons kamp toe te sleep met die sleepwa. Net toe ons afdraai vanaf die teerpad na grondpad bars die sleepwa se band. Ons haal toe maar die spaar wiel af en tot ons gemoed is hy ook pap. Ons pomp maar die spaar wiel vol foam en hoop hy hou vir die laaste 7km.


Ons kom toe donker daar aan by die hek, hulle maak 8uur toe en ons maak dit met 15 minute om te spaar. Na ‘n gesukkel om opteslaan besluit my vrou om in die stort te gaan spring. In die Amblusie blok breek die stort se kraan af en water spyt die hele wêreld vol. So gelaat en die oord het vinnig kom reg maak vir ons.


Saterdag oggend heel vrolik opgestaan en gereed om die dag aantepak. Teen middagete kom die motorwerktuigkundige daaraan
en maak die Navara weer reg. Ons gaan ry n draai en kyk bietjie wild. Op die terugkeer kamp toe begin ons reg maak
om heerlik te braai en daar sak die reën op ons neer. Saam met die reën kom daar mos n lekker storm wind op en die Gazebo slaan my op die lip laat jy net kos sien trek, en krap natuurlik ook nog die Navara. So het ons nou nie skuil plek vir die reën nie, sit en eet bo in die dak tent van die sleepwa. Nie eers klaar geëet nie begin die matras nat voel binne die tent. So het ons n nat nag rus gehad.

Die aankoms van ons nuwe bande


Sondag oggend staan ons op, wag dat alles droog raak en pak op. Ons durf die pad aan terug huis toe. Net buite Ezemvelo op die grondpad kyk ek in my linker spiel en sien n band kom verby my. Dis my sleepwa se band nog voor ek mooi kon stilhou bars die ander band ook. Nou wag ons vir 2 nuwe bande uit Pretoria. Bietjie meer as n uur se gewag en die bande het daar aan gekom en ons het dit op gesit. Gedink die moeilikheid is op n end nou kan ons by die huis kom.


Net deur die eerste tolhek hoor ons n klap geluid, Die Alternator Pully het weer af gebreek. Die bakkie moet weer gehak word en huis toe gesleep word. Wat n naweek maar baie goeie Herrineringe, want kamp sal ons mos kamp.

Kampi.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.