Posted on

Dis Augustus 2016, ons kom nou net van Oppikoppi af en kyk, my kop is nog bietjie versadig met ‘n mengsel van die naweek se gewoel. Soos ouder oggend-gewoonte besoek ek gou Gumtree, dis mos my tyd verdryf. Hierdie keer sien ek ‘n winskopie, ‘n klein seilbootjie met ‘n sleepwa in Hawston. Ek en Alan moet dit gaan koop, vandag nog.

Die vlug Kaap toe voel soos ‘n ewigheid, ek vat die myCiti bus tot in die stad en ontmoet Alan by sy winkel in die sentrrale besigheids gebied. Ek en Alan is gou by Mabooze in om ‘n paar koues vir die pad te koop en die GPS is ingestel vir Hawston. Die nag raak lank en ons kom laat Hawston binne, daar staan die seilbootjie in die donkerte. Ek wil nog die besigheid ordentlik deurgaan en so paar keer ‘n draai loop om die skuitjie, maar Alan het al sy vrou se Polo reg om te haak. Ons verruil kontant vir glimlagte voor ek en Alan weer die GPS konsulteer Durbanville toe. By Houwhoek bekyk ons die dinge nou in die neon lig van ‘n vulstasie. Interresant. Die Waentjie pronk nog ‘n Transvaal nommerplaat, gelukkig was die lisensie in 1984 op datum betaal, derdeparty ingesluit. Die sleepwa het nie ‘n veringstelsel van ‘n dag oud nie, ons pomp maar die Kewer wieletjies en sleep voort.

Ek en Alan raak albei besig met lewe en vergeet vir so paar maande van die nagtelike avontuur, dis eers begin Desember dat ek, Antoinette en Burger eendag weer oor die seilbootjie gesels en drome droom oor Langebaan lagoon vaarte. Die ratte draai, ons is mos planmakers. Die trio van ons spring aan die werk om die kleine bootjie te skrop en alles reg te kry, nuwe toue, alles is sommer klomp-disselboom. Nou destyds ry ek ‘n 1972 Mercedes Benz 230.6, so kapoen kleur wat die Duitsers ‘cinnamon’ gedoop het, sy naam is Gammat. Met Gammat en gepak slep ons die Vrydag middag Noord, net voor Langebaan vat ons die afdraai links Church Haven toe deur die Weskus Nasionale Park. Ons kom laat middag daar aan en besluit ons wil dadelik net op die water kom. Gammat het mooi gesleep, selfs op die grondpad.

Dadelik op die water

Hier moet ‘n boer nou ‘n paar plan maak, ons kry die mas op met ‘n span poging en werk stelsels uit om die spanning te stel, dit lyk belowend. Gammat stoot die veerlose sleepwaentjie stadig bult af in trurat. Gammat word op die vlaktes gebere om soos ‘n ou man geduldig vir ons te wag, ons gaan mos nou seil. So seil ons op en af, die betroubare Suid Oos steek op, maar seil sal ons seil. Ons druk toe mos nou die skuitjie hard, want ons is mos kenners. Voor ons weer ons oe kon uitvee breek die roer met ‘n hartroerende slag. Ons is mos kenners. Die besluit is gemaak om skuitjie en al sonder ‘n roer terug wal toe te seil, ons is mos kenners. Ons kry dit reg, wel, amper. Die wind neem wraak en voor ons ons oe kon uit vee is die bootjie onderstebo. Alles is deurmekaar, ons gryp na reddingsbaadjies en besef ons hoef nie te spartel nie, ons kan staan. Met die bootjie nou net net onder die water in ‘n staat van neutrale dryfkrag loop ons nou tree vir tree wal toe. Ek draai Gammat se sleutel en die reguit 6 spring aan die lewe, Gammat ken al die pad teen die wal af, trurat, dis mos op, links en vorentoe op die ou Benz. Dis nou net hier waar ek vir¬†¬†Burger konsulteer, dis mos sy wereld die, die Weskus. Dis omtrent 1km grondpad tot by Burger hulle se strandhuisie, ek ruik al die braaivleisvuur. Hierdie wereld het mos nie elektrisiteit nie, wat nog van telefone, Burger is ook oortuig ons sal geen probleme he om die grondpaadjie nie, die Weskus het mos nou nie juis vreeslike bome nie, net die pragtige fynbos.

So paar minute op die grondpad af sien ek ‘n eienaardige rol wat afspeel in die truspieeltjie, dit was mos net 1km, ons het nie die bootjie vasgemaak nie, gaan mos stadig ry, ons het ook sommer die mas opgelos, ons wil nou gaan braai. In die laaste 25 jaar het ou Burger nie ooit kennis geneem van die ou telefoon draad wat oor die grondpad gespan is nie.

Die seilbootjie het dit oorleef, ons het klomp planne beraam om die 200kg weer op die waentjie te tel, ons wil mos gaan braai. Alles weer in orde, die mas nou aan die Noorde kant van die telefoon draad. Daardie aand speel ons die toneel oor en oor die braaivleis vuur teen die Weskus af. Wat ‘n goeie dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published.